INGELEGTE SPINASIE STINGELS
- 500 g opgesnyde spinasiestingels
- 2 opgesnyde uie
- ½ koppie asyn
- ½ koppie suiker
- ½ koppie water
- 1 eetlepel kerrie
- 1 teelepel sout
- 3 eetlepels Maizena
Kook spinasiestingels tot sag, maar nie pap nie.
Dreineer water en voeg asyn, suiker, water, kerrie en sout by.
Verdik mengsel met Maizena wat met bietjie water aangemaak is.
Kook goed deur dat Maizena kan gaar word.
Bottel warm in voorbereide bottels.
Resep en foto: Cynthia DeWet Smit