INGELEGDE PERE
Desember en Januarie is vrugtekook tyd. Heerlik geurig… uitlokkend as die vrugte soos amber juwele in die bottels blink. Ek kook gewoonlik uit my kop met geen resep, hier my metode beskryf.
- 125 ml suurlemoen
- ¾ pot vol water
- Stroop:
- 3 mates water teen 1 mate suiker
- 500 ml suurlemoensap
- *paar kaneelstokke, naeltjies en ster anys
- 2 teelepels vanilla of 1 heel vars vanilla peul
Pere moet ferm en nog groenerig wees soos op foto. (in die geval het ek Bartlett pere uit ons boord gebruik)
Skil pere, sny in kwarte of kleiner na gelang van grote van peer.
Sny peer se stingel en onderkant af, sy stonk uit.
Klaar geskilde pere gaan in die pot wat *driekwart vol water is en *125 ml suurlemoen sap in het. Die suurlemoensap help dat stukke nie verkleur nie.
Sodra die pot ¾ vol pere is bring tot kookpunt op plaat. Sodra kook, skakel plaat af en laat staan op plaat. Belanglik moet nie kook nie!
In ‘n ander pot plaas mates *bruinsuiker en dieselfde grote mate *water.
Gebruik 3 mates water teen 1 mate suiker. Indien jy van ‘n dikker en soeter stroop hou, doen 2 mates water teen 1 mate suiker. Voeg ook die suurlemoensap in die water. Plaas die *kaneelstokke, naeltjies en ster anys in die pot. Voeg die vanilla of vars vanilla peul by. Laat stroop kook.
Skep pere uit ander pot uit met gaatjies lepel, in die pot met stroop, kook op stadige hitte todat pere glanserig word. Pak kokende pere styf in gesteriliseerde flesse en giet dan kokende stroop oor. Sorg dat alle lugborrels uit bottels is voor gesterliseerde prop opgeskroef word.
Sit hier en daar ‘n kaneelstok, naeltjie of anys in fles saam met die vrugte. Nie te veel want met die staan raak die vrugte geuriger.
Ek steriliseer my flesse in die mikrogolf en my deksels in kookwater.
Resep en foto: Elizabeth Randell Swart