INGELEGDE KOMKOMMERS EN GROENTE
- Sous:
- 1 ½ koppies suiker
- 1 ½ koppies water
- 1 ½ koppies witasyn
- 1 ½ teelepels sout
- heel peperkorrels en lourierblare
- Groente:
- 18 klein komkommertjies
- 1 medium rooi ui
- 3 klein groen/rooi/geel soetrissies
- brandrissies, opsioneel
- 4 wortels
Kap of sny groente kleiner in porsies soos verkies.
Verhit die sous bestanddele saam.
Voeg die komkommer eerste in die sous, kook vir een minuut.
Skep uit in gesteriliseerde bottels, skep bietjie sous oor tot die botteltjie vol is tot bo.
Seël die bottel dadelik of hou eenkant terwyl jy die ander groente doen.
Plaas daarna die res van die groente in die sous en kook vir 3 tot 5 min.
Skep die groente bo-op die komkommers, en vul met die sous tot bo, verseël en laat afkoel.
Of bottel die groente apart van die komkommers en seël dadelik.
Bêre in yskas.
Nota:
Ek het die groente sommer in ‘n plastiek bakkie geskep wat goed seël en so in die yskas geberê, want ons gaan dit binnekort gebruik.
Resep en foto: Chantelle Roets
Heerlik