Your Recipe Blog

INGELEGDE KERSIES SJOKOLADE

INGELEGDE KERSIES SJOKOLADE

“Die kersies word vooraf ingelê in alkohol gebaseerde drank. Wanneer hierdie inlê proses afgehandel is, word die sjokolades gemaak. Dit is ongelooflik lekker en smaak na die drank wat jy gebruik, maar dit het ook die soet smaak van die kersies. Ek het glanskersies gebruik – gewone kersies in die boksies – hulle swel lekker met die alkohol met tyd, maar jy kan ook vars kersies gebruik. Saam met die donkersjokolade is dit ‘n wenner. Ek drink glad nie alkohol nie, maar ooreet myself aan hierdie lekkerny.  Ek wag ook altyd tot ek sien donkersjokolade is op spesiale aanbiedinge by winkels, dan koop ek sommer ‘n klomp spesiaal vir hierdie resep, want die gewone baksjokolade werk nie lekker met hierdie resep nie; dit smaak ook nie dieselfde nie. Dit moet die donkersjokolade wees. Onthou om nie op te gee nie; jou eerste probeerslag gaan dalk nie perfek wees nie, maar dit sal nog steeds eetbaar wees. Geniet dit, en dis prettig om te maak.”

  • goeie gehalte whiskey of brandewyn, hoeveelheid soos benodig vir inlê
  • kersies, hoeveelheid volgens behoefte (glanskersies of vars kersies)
  • donkersjokolade, soort na smaak en hoeveelheid volgens behoefte
  • neute, opsioneel
  • gesnipperde vrugte, opsioneel

Lê kersies in, hoe langer hulle lê, hoe beter. Myne is nou al sowat vier maande ingelê. Lê dit in ‘n botteltjie in; die kersies moet onder die whiskey of brandewyn wees. Smelt sjokolade en giet onder in vormpies; net ‘n bietjie in elke vormpie. Laat afkoel in yskas of vrieskas – dit koel en stol vining. Plaas dan ‘n kersie bo-op elke lagie sjokolade en giet weer sjokolade bo-oor tot elke kersie bedek is , en plaas weer in yskas tot dit afgekoel is, en dop uit. Jy kan net gewone kersies, neute of gesnipperde vrugte ook gebruik.

Nota:
Ek hou nie van kooksjokolade nie, want dit smaak nie lekker vir my nie – ek koop donkersjokolade (enige soort). Vir die smelt van die sjokolade, sit ‘n pot met water op plaat, en plaas ‘n glasbak op die pot. Geen stoom moet ontsnap nie en die bak mag nie aan die water raak nie. Die water moet nie borrel nie; hou die plaatstelling laag, maar die water net-net by kookpunt. Breek sjokolade in stukkies en smelt. Die beste houertjies of vormpies is plastiek- of silikoonvormpies wat mens deesdae kry – dit dop makliker uit.

Resep en foto: Louisa Mans

Opmerking:  Vanessa Bothma – ek lê altyd kersies in pepermentlikeur in; baie lekker – hoe langer dit staan, hoe lekkerder.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page