INGELEGDE AARTAPPELSLAAI
- 4 kg aartappels
- 2 potte mayonnaise
- 1 blik kondensmelk
- 3 groot uie, gekap
Skil en sny aartappels in blokkies, kook in water met sout in.
Belangrik:
Moenie aartappels te sag kook nie, maar net gaar.
Staan maar die rukkie en toets jou aartappel blokkies gereeld.
Gooi die water af.
Plaas mayonnaise, kondensmelk en uie in ander kastrol en verhit, moenie kook.
Skep die aartappels by die warm mayonnaise mengsel, roer deur en bottel warm.
Maak seker jou bottels is baie goed gesterilliseer en die proppe en bottels is warm wanneer jy bottel.
Nota:
Die bottels kan tot 2 maande op die rak in ‘n koel plek gehou word.
Resep en foto: Meisie van der Colff
Baie lekker dankie
Dit klink heerlik!! Kan jy nie klein botteltjie Sandwich Spread daarby inroer nié. Óns het spesiaal dit vir kersfees gemaak..
Ek glo mens sal kan, probeer gerus en laat weet vir ons asb?