Your Recipe Blog

IERSE BEESVLEISBREDIE

Avatar photo
Recipe by
Cook: 1.5 tot 2 ure | Servings: 4 porsies

IERSE BEESVLEISBREDIE

Ek moet sê die Milk Stout maak ‘n heerlike bredie, en ek sal dit beslis weer doen. Daar het ‘n halwe blikkie van die stout oorgebly en toe bak ek sommer vir ons ‘n stout sjokolade koek ook, twee vir die prys van een.

  • ½ koppie koekmeel
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel peper
  • 500 g beesvleis blokkies
  • 3 eetlepels olyfolie
  • 1 groot ui, grof gekap
  • 2 – 3 aartappels, in kwarte gesny
  • 2 – 3 wortels, in growwe stukke gesny
  • 2 groot vars knoffel vingertjies, fyn gekap
  • 250 ml Guinnees bier of enige Milk Stout
  • 2 koppies beesvleisaftreksel
  • 1 eetlepel Worcestersous
  • 3 teelepels suiker
  • 50 g tamatiepasta
  • 2 lourierblare
  • 2 takkies vars tiemie
  • vars tiemie en pietersielie, om te bedien

Plaas die meel, sout en peper in ‘n plastieksakkie. Sit die blokkiesvleis in die sakkie en skud die sakkie lekker dat die vleis goed bedek word met die meel.
Maak die olie warm oor matige hitte in ‘n groterige ysterpot met ‘n deksel. Plaas die stukkies vleis in die olie in ‘n enkel laag en braai effens bruin. Moenie teveel vleis op een slag insit nie, braai tot al die vleis bruin is.
Skep die vleis uit die pot en hou eenkant.
Voeg bietjie ekstra olyfolie by in die pot en braai die uie en knoffel vir so 5 min, uie moet net lekker deurskynend wees, maar pasop om die knoffel te laat brand.
Sit die vleis terug in die pot, voeg die bier, aftreksel, Worcestersous, tamatiepasta, lourierblaar, suiker en tiemie by. Sit die deksel op en op stadige hitte kook vir ongeveer 30 minute.
Voeg die aartappels en wortels by, draai die hitte baie laag, sit die deksel op en laat stadig stowe vir ongeveer nog ‘n uur tot die vleis sag is en die sous lekker verdik het.

Notas:
Roer elke nou en dan dat die bredie nie op die bodem vasbrand nie, moenie die aartappels en wortels stukkend roer nie.
Die tyd gaan afhang van hoe groot jou vleisblokkie gesny is.
Die bier kan vervang word met hoenderaftreksel, gemmerlim of wit druiwesap, maar die bier gee ‘n besonderse smaak.
Bedien saam met rys en garneer met gekapte pietersielie en tiemie.

Resep en foto: Rina Kleinhans

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page