IDEES VIR ‘N SAGTE SKAAP- OF LAMSBOUD
Wilma Miller
Hoe kry ek ‘n lamsboud sappig? Dis altyd so droog. Ekt gedink dalk bacon bo-oor sit en bak?
Nicole Johnson
Wat van as jy dit in ‘n pan sit met lekker sous in die pan en toe maak met foelie tot amper gaar en dan die foelie afhaal
Cheron Le Roux
Gebruik vrugtesap ipv water as jy dit gaarmaak. Pineapple of lemoen geur. Gooi net sout op.
Marie Scholtz
In ‘n swart ysterpot bak met deksel op in oond op 120°C vir drie ure.
Sharon Muller
Sit dit in ‘n gewone pot met uie en knoffel en speserye van jou keuse en bietjie water. Laat dit op stadig hitte vir so 8 ure prut. Ek maak nooit meer boud in oond gaar. Ek trek sommer van die sous in pot op en spuit dit in lam in.
Yvonne Rodgers
Ek sit dit in tinfoil en maak hom so 75% toe day hy sy juices behou.
Petro Botha
Die geheim is om dit stadig gaar te maak, dan droog nie uit nie.
Christa Haasbroek
Druk gaatjies met ‘n mes, vul met spek en knoffel. Vryf met olyfolie en speserye. Sit ‘n paar takkies rosemary op, vou toe met foelie.
Annerie Boshoff
Christa Haasbroek hierdie is so waar en dan kan jy die aartappeltjies ook by sit en oornag op baie lae hitte. Dit bly sappig en heerlik.
Shirine Collins
Ek sit stukkies botter met knoffel in gaaitjies, ons eet nie spek nie
Coezette Janse van Rensburg
Druk gate met mes. Ek stop myne met bacon en knoffel. Smeer sy speserye oor. Partymaal chutney ook oor gesmeer. Dan foelie toe. Bak hom in oornag op 100°C. Volgende oggend word almal wakker en is baie honger.
Rina Kleinhans
Lank en stadig in die oond met bietjie vloeistof in die pan en toe gemaak met deksel of foelie.
Robert Liz-Marie Hill
Baksakkie oornag in die oond op so 150°C.
Paula van der Linde
Robert Liz-Marie Hill BESLIS!!! ‘n baksakkie en oornag in die oond.
Susan Kruger
Ek kruie die boud en draai hom in so 3 velle foil toe en sit hom oornag in oond op 80 – 100°C, dan los ek hom toe. Voordat ek hom sny, druk ek hom gou terug om bietjie te bak.
Aneen Ferreira
Ek maak gate met mes in, gooi bietjie sout in en druk dan stukkie rou knoffel en stukkie bacon in. Gooi sout oor en sit in double roaster oornag in oond op 100°C. Die sous kan jy weer gebruik om ‘n ui in te sny. Bietjie soyasous en Worcestersous by. Kook jou aartappels daarin. Verdik sous met bietjie Maizena, dan het jy sommer gravy vir vleis ook.
Ronel Kukkuk
Ek stop myne met knoffel huisies. Greenpepper red pepper wortel en bacon, asook 2 naeltjies,. dan gooi ek lekker sout en speserye en bietjie olyfolie oor. Maak toe met foil. Doen dit al 23ste, 24 ste gaan hy die aand oond toe op 120°C. As hy reg is, gooi ek sous af in ander pot en kook my aartappels daarin en gooi bietjie oor groenbone. Kook groenbone ook in dit. Kook aartappels gaar in die sous van die lam. Paar hou ek net so, ander bak ek.
Gerty Corbitt
Stop gaatjies met stukkies varkspek en halwe knoffeltoontjies. Smeer goed met growwe sout en swartpeper en bak in ‘n kasserolbak tot net gaar. Haal uit en laat rus ‘n rukkie.
Lorrain Loots
Sit oond op 260°C. Sit ontvriesde vleis in sodat dit seël. Sodra dit deurwarm is en bietjie geseël is, sit dit in toe bak of foelie op 110°C deurnag. Die vog behoort nie verlore te gaan nie.
Dorette Stander van Rooyen
Jy maak waarskynlik die boud te gaar. Ek maak my skaapboude ALTYD teen 180°C oop op ‘n oondrak gaar tot net-net gaar. Die tydsduur hang af van die gewig van die boud. Die kere wat hulle effens droog was, was wanneer ek hulle te lank gaargemaak het.
Sandra Loens
Ons spuit gewoonlik in met Lard (vark vet) en laat oornag baie stadig gaan.
Julius Doubell
Ek het nou die kommentaar gelees. Dink julle dit sal werk as mens die boud oornag in die slow-cooker sit?
Louise Groenewald
Ja beslis.
Melissa Ann Vermeulen
That works fantastic. Meat falls off it is so tender.
Charlene Erasmus Van Tonder
Sit in oond casserol, gooi een bottel light Greek salad slaaisous oor, knoffel en spices en sit oornag in oond. Dit val van die been af en is sappig. Kan varkboud ook so maal en dan net rukkie sonder deksel bak om velletjie te crisp.
Wilma Scott
Elkeen glo mos aan hule eie gaar maak metode, ek gebruik ysterpot en sit omtrent 2 koppies water by, dan baie stadig in die oond. As die boud gaar is en bietjie afgekoel het (dan sny dit makliker), gooi ek die “lang” sous oor elke skyf vleis. Jy kan dit selfs vries en dan proe dit soos vars gemaak.
Theresa de Vries
Ek kook my boud en laat dit in die water afkoel. Omdat dit opgesny word worry ek nie of dit bruin is nie. As jy dit bak, droog dit uit. Ek kook ook frikkadelle as dit koud geëet word dan bly dit sag.
Valerie Fourie
Lê die boud in karringmelk die vorige aand. Dis nie nodig om die karingmelk af te spoel as jy nie wil nie. Spice die boud soos jy wil en bak stadig in oond van 170°C.
Lorinda de Beer
Pot roast so stadig op die stoof, jy kry ‘n lekker gravy en die vleis is nie droog nie.
Heilda Kotze
Stop dit met bacon en garlic, sit in baksakkie wat met koekmeel en speserye gemeng is, gooi oortollige meel en speserye uit voor vleis in baksakkie gesit word.
Annet Venter
Sit hom in die oond met so half koppie water, sout en peper en bak vir so 4 ure.
Hettie Deysel
Ontbeen die boud en plaas dieselfde grootte wortel in plek van been. Krimp nie en is sappig
Teresa Swart Geyser
So maak ek my boud: plaas in oondskottel met 1 koppie water, foelie, blink kant binne, styf bo oor. Oornag op 100°C.
Jolene Jolene Fouche
Ek stop myne met knoffel, suurlemoensap en sout, dis al baie sous, sit oond op 120°C en stadig in oond vir deurnag.
Freda Dyer
Plaas in oondbak saam met ‘n bottel Griekse of Italiaanse slaaisous en bak by 160°C tot gaar. Vir varkboud gebruik ‘n bottel Spur Dirkeysous. Beide heerlik. Vir ons is dit genoeg, so ons sit geen sout of speserye by nie. Jy kan ook ‘n pakkie bruinuiesop in meng.
Surina Gerber
Ons ontbeen hom en sit slaaisous oor, Knorr se Italian salad dressing En braai dit, beste om te braai is lekkerder.
Louisa Eloff Weideman
Lamsboud is ‘n baie sagte sappigge snit en dis “mors” met ‘n duur vleissnit om dit in water of sous gaar te maak. Sit vetkant bo in ‘n casserole met deksel en vryf goed in met speserye van jou keuse. Sonder water of souse. Bak tot die toetspen wat jy insteek tot teen die been, se vloeistof helder is, as jy die pen uittrek. Haal deksel af en bak oop tot bruin, maar nie droog en hard nie. Haal uit oond en sit deksel weer op. Laat rus in die casserole tot die casserole louwarm voel. Haal uit en laat onbedek met ‘n tee-net oor verder afkoel tot koel, maar nie heeltemal koud nie en uitgedroog nie. Bedek met cling wrap en sit in yskas as dit heeltemal koud is. As dit wel skaapboud is, kan jy die souse gebruik om dit sag en sappig te kry tot dit van die been af val.
Veronica Kruger
Die pot roast is die lekkerste! Die boud maak sy eie sous en die vleis braai lekker bruin!
Elize Koen Miller
Jy vryf al jou speserye op boud, meng Tamatiesous, chutney sweetchillie, gooi oor, sny paar uiringe op dan sprinkel Worcestersous oor en die geheim: sprinkel bietjie koekmeel bo-oor, bak 3 tot 4 ure. Meel hou vleis sappig en maak krakerige lagie bo oor. Boervrou van Boessmanland
Kitty Supra
Ek het ook nou die dag gesien iemand pak pynappelringe bo-op.
Rounel Truter Siecker
Ek gaan Franse slasisous by springbok boud of sal jul ‘n ander een aanbeveel? Wil hom oornag in slowcooker sit.
Rina Kleinhans
Rounel Truter Siecker sal werk maar wild is baie droog ek sou die boud eers gestop het met varkspek… geniet.
Juan-Marie De Jager
Steek gate in boud en stop met blokkie skaapstert vet en knoffel.
Elsa Van Antwerpen Kleinhans
Ek smeer ‘n GEVRIESDE boud met Bovril, vars gemaalde swartpeper en bestrooi met bietjie meel. Draai toe in foelie en sit oornag in oond op 150°C – Beste resultaat – Werk vir my.
Bianca du Toit
My man lê ons boud in slaaisous (Greek salad en biltong spice) vir dag of 2, dan as dit gaar gemaak word, is dit baie sappig en lekker.
Marié Fourie
Bak hom in die oond in ‘n bak met ‘n deksel @ 100°C vir so 3 ure.
Annatjie Cooper
Ek sit my boud in ‘n baksakkie, werk goed, stop boud eers met knoffel. En toor met speserye.
Orna Van Niekerk
Bak in baksakkie op 180°C vir 3 uur. Steek 3 gaatjies bo in sakkie sodat stoom ontsnap. (Ek gooi 2 teelepels sout vir elke kg vleis, asook peper en knoffelvlokkies oor boud). Boud se sous blý in sakkie. Gooi sous in kastrol en maak sampioene daarin gaar. Verdik met sampioensop en gooi oor boud. Heerlik!
Jeannie Kortgat Hanekom
Op stoof in ‘n platboom swartpot teen ‘n baie stadige hitte (3).
Maretha Niemand Prins
Ek steek gate en druk sout, garlic en rosemary binne-in. Dan smeer ek die hele boud met mayo. Dan gooi ek 500 ml hoenderaftreksel in. Nou gooi ek mintblare en Dijon mosterd in die aftreksel en meng. Sit deksel op en sit op 140°C oornag inni oond! Doeksag en sappig, belowe👌
Leonie Langemaat
Ek kook myne van vries af tot gaar, braai net velletjie in oond bruin, heerlik.
Elriza Nursey Swanepoel
Ek MOET net met jou my maklike HEERLIKE resep deel!! Jy sal dit NOOIT weer anders doen nie!!! En sooo min moeite!! Sit jou boud op tinfoelie neer in smeer hom met olyf olie en Woolies se lamb rub (dis by die spices, in so ‘n klein tub), dan smeer jy hom met Ina Paarmans se garlic en feta slaaisous! Maak jou hande lekker vuil, 😜 smeer goed orals! Maak toe met foelie, in oondbak (Ek gebruik my silver “braaivleis” bak. Sit in oond oornag op 100 °C en hy sal volgende oggend reg wees👌🏻! Ek gaan slaap laat🙈, so myne gaan gewoonlik so tussen 23:00 en 00:00 in die oond 😬!! Dis 2 bestanddele, vinnig, maklike en VREK lekker😉!! Ek moes dit net met jou deel👍🏻
Anne Kathrin Christensen-Van Heerden
My opinion is to cook the leg low and slow till cooked but still a little pink, that way its not dry. I can’t imagine mixing bacon and lamb. Rather buy yourself a meat thermometer and Google the cooking temp according to the weight of your leg of lamb.
Nicky Roos
So, ek het nou eers al die komentaar gelees. Mag ek net vra, as jy dit op die stoofplaat doen, sal dit goed wees om hom net met sout, peper, knoffel roosmaryn te smeer en ‘n bietjie suurlemoensap oor te spuit. Sal dit werk, of moet ek meer vloeistof in die pot gooi?
Orna Van Niekerk
Nicky Roos jy moet beslis water in jou pot gooi.
Gert Van Rooyen
Bak dit in bier. Of sit in ‘n blink braaibak en laat bak oornag op lae hitte gooi sout en peper na smaak.
Orna Van Niekerk
Onthou dat boud ‘n droër snit is. Moenie ‘n té maer boud koop nie. A2 of A3 is perfek.
Foto: Rina Kleinhans