Your Recipe Blog

IDEES VIR BURGER “TOPPINGS”

IDEES VIR BURGER “TOPPINGS”

Petro van der Merwe:
Ons het ‘n “bou ‘n burger” aand by die kerk… help asb met ‘n paar nuwe idees vir “toppings” … Dankie baie.

Ansa C Reyneke
Rooi vye blatjang, karamel uie
Retha Jacobs
Jy het nodig. Uie, blaarslaai, tamaties, gherkins, patties, (hoender en beef) kaas en pynappel. Verskillende souse mayonaize en buns. Dan kan die mense ‘n burger bou soos hulle wil.
Tammy de Vos
Gebraaide uie, tamatie, gherkins, kaas/kaas sous, bacon, avo, pynapple, eier, komkombers, coleslaw (suprisingly lekker)!
Marné van der Ryst
In NZ is beet skywe ‘n groot gunsteling op burgers.
Leza Du Toit Mienie
Marné van der Ryst in Aus ook… en ek het al so verAussie dat ek ook nou my burgers met kaas, blare, tamatie, beet en gerasperde wortel eet. 🤤
Ilze Jacobs
Gebraaide uie, geprosesseerde kaas, skywe beet, tamatie relish, skywe pynappel, gebraaide repe spek, avokadopeer, chilli con carne.
Wendy Young
Lekker souse. Monkey gland, mayo en salsas. Party mense hou van hot sauce. Maar die beste burgers is maar patty, lettuce, tamatie en uie. Julle kan ook onion rings maak soos spur sn.

Lorraine de Vries
Agurkies is heerlik.
Petri Dippenaar
Peanut butter is ook verbasend lekker op ‘n burger. Vetkoeke vir buns werk ook heerlik.
Tertius E Barnardt
Sampioenroomsous…
monkey gland sous
Adel Conradie
Bloukaassous
Adel Conradie
Witsous met bloukaas in.
Heather Borrill Bruce
Kiwi vrugte. Mango. Lays chips.
Renier Swiegers
Jy benodig uie, blikkie sampioene en sampioen room sop. Braai die uie tot sag en voeg die opgesnyde sampioene by. Moenie die water van die sampioene weggooi nie. Roer van die soppoeier by die uie en sampioene. Sodra die mengsel begin dik raak, voeg dan die water by totdat die sous die regte dikte het. As jy te veel soppoeier bygevoeg het vir die water voeg dan melk by.
Ek maak ook my patties op die volgende manier.
Sny uie en greenpepper fyn op. Meng dit in jou vleis in met die speserye van jou keuse. Maak bolletjies van die vleis die grote wat jy die patty wil hê. Deel dit dan in die helfte en druk dit plat. Sit dan gerasperde kaas op die een patty en sit die ander helfte bo op en druk dit aan die kante toe. Braai dan die patties op kole. Smeer die patty liggies met botter of ‘n hoë vet inhoud margarien en toast dit ook op die kole. Moenie die patty gaarder maak as medium nie. Sit die patty op die onderste bun en gooi die sous op. Sit dan die boonste bun op en jou burger is klaar.

Audrey Rose
Beetroot, pineapple, cheese, pickles, onion rings.
Rina Smit
Blaarslaai pynappel ham en die patty ui tamatie mostert sous.
Jacoline Snyman
Mac and cheese balls – yes op ‘n burger.
Almarie Temmers
Bacon, avo, chilli fig jam en rocket, camembert of bloukaas… yum
Leona Lambrechts
Creamed mushroom and pepper sauce.
Fry sliced mushrooms. Take a packet of pepper sauce powder and mix it into a tub of cream. Stir into cooked mushrooms until sauce thickens. People go crazy for more!
A nice sauce is also plain full cream yoghurt with Worcestershire sauce stirred in. Try it with the burgers, it’s delicious.
Anchen Kobus
Verskillende opsies van blaarslaai; skywe tamatie en tamatie relish; dun skyfies rou uie, gepickelde uie en gebraaide uie; verskillende kase soos cheddar, geprosesseer en bloukaas; spek; pynappel; augurke; koolslaai; verskillende souse soos guacamole, sampioen, monkegland, tamatiesous, mosterd, mayonnaise; verskillende patties soos bees, lam, hoender stukke en vegetaries patties.
Annemarie du Plessis
Caramelized onion en mushroom sous is ‘n moet vir my.

Sarie Greyvenstein
‘n Gewone lekker koolslaai met pers kool ook by en ‘n romirige mayonnaise.
Carmari Fourie Strobos
Dis seker al genoem maar ons hou van extra/interssante souse… guacamole, pineapple date relish, peppadew pesto, babaganoush… alles redelik eenvoudig om te maak en maak so lekker burger😋
Vir peppadew pesto meng ons net die ingelegdes (gedreineer) met ‘n huisie of 2 crushed garlic. Blits in voedselverwerker tot fyner…bottel en top op met bietjie olyfolie…kan vars kruie ook bysit.
Anita Arnolds
Rooi uie gepekel in appel asyn
Lesley Van Aswegen
2 Gebraaide rooi uie, kwart koppie suiker. Rooi wyn so 375 ml. Kook af tot stroperig. Roer halwe bakkie gewone roomkaas by. Heeeerlik
Leticia Mostert
Mayonnaise en sweet chillie sous maak ‘n lekker sous.
Eunanza Farrell
As ons vir funksies burgers maak, sny ek hoender borsies in twee en kap dunner. Dan braai ek dit in pot met spesery. Dan pak ek al die gaar stukkies terug in groot pot, en dan gooi ek die mengsel oor: mayonnaise, blatjang, room en speserye. Dis maklik om warm te hou en daai sous gee heerlike geur aan die burger.

Foto:  Elize de Kock

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page