IDEES MET ERTJIES
Reinet Herman Šarović
Maak ertjie slaai.
Braai spek stukkies, sny klein kaasblokkies, sny halwe ui fyn.
Meng met mayonnaise en suurroom as jy het, en sout en peper. Heerlik.
Martie Steyn
Sny ‘n ui fyn. Kook so 2 eiers, sny op meng alles saam met bietjie mayonnaise en ertjies. Jy kan selfs ’n rooi rissie fyn opkap as jy van iets sterks hou.
Alta Barnard Praeg
Meng die ertjies met gesnyde komkommer, ui, Feta en mayonnaise. Heerlik.
Ek het gisteraand blik mielies ingegooi saam met die ertjies.
Leoni Botha
As jy dalk soutkoekies soos Bacon Kips of enige ander het, maak so klomp fyn (nie te fyn), gooi by ertjies saam met mayonaisse. Kan bietjie kaas ook bysit. Lekker slaai.
Alta Gunter Van Dyk
Maak ertjies warm. Meng vlapoeier en bietjie suiker, knippie sout met water tot dit soos paste is, voeg by ertjies, kook deur, sit ‘n paar mint blaartjies bo-op neer, gee ‘n heerlike smaak.
Ruth Scholtz
Dreineer die water af van die blik ertjies en voeg mayonnaise en bietjie kondensmelk by. Bedien koud.
Tony Charmaine Jardine
Sny 1 ui in klein blokkies op, meng met mayonnaise en bedien koud as ‘n slaai.
My mense is mal daaroor, tot die kleingoed hou daarvan.
Jeanine Philander Perrang
Kook wortels met bietjie suiker en kaneelstokkie, wanneer wortels gaar is, dreineer die wortels en die ertjies en voeg die ertjies by. Meng deur, laat net opwarm en bedien.
Leonie Adendorff Meiring
Dreineer die water af van die blikkie ertjies af en voeg by klein blikkie gesnyde pynappel stukkies en meng met mayonnaise, dis heerlik.
Madre Moolman
Kook die ertjies met bietjie suiker, botter en melk met vlapoeier gemeng.
Kook stadig tot vla verdik.
Ertjie slaai met bietjie mayonnaise en kondensmelk – kan blikkie pitmielies ook ingooi en stukkies spek wat gebraai is bo-op.
Hennenman Gastehuis
1 koppie koekmeel
1 teelepel bakpoeier
1 eetlepel botter
1 eier
Meng bogenoemde, skep in ‘n pot bo-op die ertjies, ½ koppie suiker met water net genoeg om ertjies te bedek.
Sit deksel op, kook op lae hitte, moenie oopmaak voor vyftien minute om is nie.
Meisie Potgieter
Dreineer al die vloeistowwe af. Braai ‘n fyn gesnyde ui en ‘n blikkie groenboontjie (French cut) en voeg ‘n blikkie ertjies by. Bietjie sout en peper. Roerbraai so rukkie saam.