HOENDERLEWER PATE
Baie vinnig en eenvoudig!
- 500 g hoenderlewertjies
- 1 koppie gekerfde ui
- 1 teelepel fyn knoffel
- ½ koppie botter, nie margarien nie
- 3 eetlepels brandewyn, opsioneel
- ½ koppie room
- sout
- peper
- 1 teelepel gemengde kruie
Smelt helfte van botter en sit uie en knoffel by. Roer en braai tot sag.
Sit lewertjies, sout, peper en kruie by, kook tot lewertjies gaar is.
Nie te lank nie dit maak die lewertjies hard.
Sit room, brandewyn en die res van botter by.
Versap.
Skep in bakkies en laat afkoel.
Sit gesmelte botter bo oor elke bakkie.
Vries goed.
Foto en resep: Marlize Williams