HOENDER REPIES MET MIELIEBLOM BESLAG
- 4 – 5 hoenderborsies, in repe gesny (hang maar af hoeveel jy wil maak)
- 4 – 5 eiers, geskei
- sout en peper
- hoender speserye na smaak
- sweet chili speserye, indien verkies
- ½ na ¾ koppie mielieblom (Maizena)
- olie, vir vlak braai
Meng die eiergele en geurmiddels en meng deur die hoenderrepies. Voeg Maizena by en meng deur.
Klits die eierwitte styf.
Verhit olie in ‘n pan vir vlak braai.
Haal die hoender met ‘n braaitang uit die bak en doop in die eierwit (sleep dit sommer net daardeur).
Braai ‘n paar repe op ‘n slag tot mooi bruin en gaar.
As die olie te warm is, word die deeg gaar, maar die hoender is nog rou.
Bedien met sweet chili sous of ‘n pienk sous (mayonnaise en tamatiesous).
Resep en fotos: Jeanette Martins