Your Recipe Blog

HOENDER IN DIE DRUKKOKER MET AFTREKSEL

HOENDER IN DIE DRUKKOKER MET AFTREKSEL

Hierdie is nie regtig ‘n resep nie, maar meer ‘n voorstel om die lewe bietjie makliker te maak. Dis ook iets wat ek elke tweede naweek doen, om my oor warm weeksaande uit te help. En dit is om ‘n heel, bevrore hoender in my multi cooker (elektriese drukpot) te maak, en die vloeistof dan as chicken stock te gebruik. Die hoender hoef nie gevries te wees nie, maar ek het gedink om hierdie resep te deel omdat ek baie keer vergeet om my hoender eers te ontvries! Dit is dubbele waarde vir geld: gaar hoender in die vrieskas vir vinnige aandetes (casseroles, pannekoek, pitta en toebroodjievulsels, etc) en omtrent 1.5 liter tuisgemaakte chicken stock. Definitief ‘n wenner in my boek!
  • 1 heel gevriesde (bevrore) hoender
  • 1.5 liter kookwater
  • 2 chicken stock cubes
  • 1 ui, geskil en gehalveer
  • 1 wortel, in 4 gesny
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel swartpeper
  • ½ teelepel witpeper
  • 1 teelepel droë pietersielie

Plaas al die bestanddele in die pot op die “pressure cook” stelling.
Stel die tyd vir 60 minute, en skakel aan. Laat die druk self afloop na die kooktyd verby is.
Haal die hoender uit die vloeistof uit (dit behoort uitmekaar te val), laat afkoel en ontbeen.
Laat die aftreksel afkoel, en gooi dan deur ‘n sif in ‘n houer (of ysbakkies vir die vrieskas).
Laat die aftreksel heeltemal afkoel, skep die vet af (wat ook gebruik kan word om later uie of enige ander kos in te braai), en hou tot 4 dae in die yskas. Indien daar nog oor is, kan dit ook dan gevries word.

Nota:
Indien jou hoender nie gevries is nie, verkort die kooktyd na 35 minute.
Zella Dreyer:
Dit lyk baie lekker Dankie. ‘n Vraag- ek het net ‘n gewone “slowcooker”, so hoe lank moet ek die hoender insit . En wat ek kan doen met die aftreksel wat in die yskas is vir 4 dae? Enige idees asb?Ilze Jacobs:
Zella Dreyer vir die “slowcooker” sal die hoender ontvries moet wees, en die vloeistof omtrent helfte (500 – 750 ml), vir 8 ure. Die afteksel gebruik mens waarookal jy net gewone water sou gebruik, maar jy meer geur wil hê  -soos souse, bredies… selfs om pasta of rys in te kook!

Foto en resep: Ilze Jacobs

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page