HOE OM BLOKKIES AARTAPPELS TE VRIES
Nou ja, daar is al baie gevra of mens aartappels kan vries, soos hulle sê “the proof is in the eating” Ek het hierdie aartappels in klein blokkies gesny, dit in lekker sterk sout en suurlemoen water laat lê vir so 10 minute, dit baie goed afgedroog, en in ‘n ziplock sakkie gesit op die 28/03/2020.
Nota:
Die sout en suurlemoensap hang af van hoeveel water jy gaan gebruik om die aartappels te bedek. Dit moet net lekker sterk sout en suur wees.
Ek het dit vandag (17/04/2020) uitgehaal, en net so gevries in koue diep olie gesit en die plaat aangesit dat die olie warm word en dat hulle lekker stadig braai, nou ja… hulle is perfek… die kleintjies is sommer lekker cripsy en die groter stukkies is lekker cripsy buite en sag binne.
Ek sal dit beslis weer doen. Sal dit volgende keer in ‘n gereg wat ek kook, gebruik en kyk of die tekstuur ook reg is, maar op hierdie manier was daar geen verskil nie.
Terugvoer:
Ek het dit vandag ongeveer ‘n maand nadat ek dit gevries het in goelash gebruik en dit is perfek, niks melerig of enige iets anders as vars aartappels nie.
Probeer gerus.
Getoets en foto’s: Rina Kleinhans