HIBISCUS ROOMYS
- 1 koppie gedroogte Hibiscus, fyngemaal
- 2 houertjies (500 ml) room
- 1 blikkie kondensmelk (397 g)
Klits room styf. Voeg kondensmelk by en klits weer so bietjie.
Voeg die koppie fyn gemaalde Hibiscus by en klits weer.
Voeg die koppie fyn gemaalde Hibiscus by en klits weer.
Skep in bak en vries vir tenminste 4 ure.
Nota:
Dit het ‘n interessante smaak en ons het dit saam sagopoeding bedien.
Foto en resep: Marian van Deventer
Category: