HEUNING, DADEL, HAWERMOUT EN AMANDEL VIERKANTE
- 2 koppies geroosterde grof gekapte amandels (Ek het rou heel amandels gebruik, in pan gerooster en in voedselverwerker grof gekap)
- 3 koppies gerolde hawermout (oats)
- 2 koppies sagte dadels sonder pitte
- 2 teelepels vanilla geursel
- 1 ml sout
- ½ koppie heuning
- ½ koppie grondboontjiebotter
Smeer vierkantige of reghoekige pan van min of meer 20 x 30 cm, voer uit met bakpapier.
Plaas amandels en hawermout in ‘n mengbak (Ek het Kenwood menger gebruik).
Plaas dadels in voedselverwerker en kap tot fyn stukke. Voeg by hawermoutmengsel.
Plaas vanilla, sout, heuning en grondboontjiebotter in mikrogolfbak en kook vir 3 minute, roer elke 30 sekondes. Maak seker dit begin lekker opkook en borrel – dan is dit gereed!
Voeg die grondboontjiebottermengsel by die hawermoutmengsel en meng baie goed saam (voedselverwerker maak dit maklik).
Skep uit op voorbereide bakplaat en druk plat met ferm hand – ongeveer 5 mm dik.
Plaas in yskas vir ongeveer 2 – 3 ure tot ferm.
Sny in vierkante. Verpak in lugdigte houer met waspapier tussenin.
Resep en foto: Retha Collett