Your Recipe Blog

HEERLIKE ROSYNTJIEBROOD

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 - 60 min.

HEERLIKE ROSYNTJIEBROOD

‘n Heerlike maklike reseppie wat ek al baie jare maak.
Hierdie brood is baie lekker saam met patee, soos bv. hoenderlewer, snoek en roomkaas, al is dit effens soet. Ook baie lekker as ‘n teebrood sonder iets op.

  • 500 g bruismeel
  • 4 teelepels bakpoeier (dit klink baie, maar dis reg)
  • 1½ koppies melk
  • 1½ koppies rosyntjies (dis ‘n 250 g pakkie)
  • 1 koppie suiker
  • 1 eier
  • sout

Meng alles saam met elektriese menger met deeghaak. Nie klein handmenger. Anders meng dit net met ‘n houtlepel.
Skep beslag in brood pannetjies en bak 45 min – 1 uur op 180ºC.

Nota:
Resep kan baie suksesvol verdubbel word vir twee groot brode. Ek het twee medium grootte brode uitgekry uit die resep.

Resep: Honene Bain Roux
Foto: Louise Groenewald

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page