HEERLIKE PAMPOENGEREG
Vandag wil ek spog, ek werk by ‘n Ouetehuis in Walvisbaai en vandag het ons kok uit haar eie hierdie heerlike Pampoengereg gemaak. Dit smaak soos poeding.
- 500 g margarien
- 400 ml suiker
- 6 eiers
- 10 ml vanilla geursel
- 6 koppies grof gerasperde of stukkies gesnyde rou pampoen
- Sif die volgende saam:
- 500 ml koekmeel
- 30 ml bakpoeier
- 4 ml sout
Voor verhit oond tot 190 ºC. Room botter en suiker saam.
Klits die eiers en hou eenkant.
Voeg meelmengsel by die room en bottermengsel en voeg laaste die eiers, pampoen en vanilla by.
Skep in gesmeerde bak en bak 40 – 45 minute.
- Stroop -kook saam vir 3 minute:
- 2 koppie room
- 1.5 koppies suiker
- 1 koppie melk, opsioneel
Giet die warm stroop oor die gereg as dit uit die oond kom.
Nota:
As jy meer sous wil hê kan jy 1 koppie melk byvoeg en saam kook. Die resep kan gehalveer word.
Hierdie was genoeg porsies vir 33 persone. Ons gaan dit volgende keer in muffin pannetjies bak!
Resep en foto geplaas deur: Ina Van Heerden Jones
His House Care Centre se kok vandag: Cornelia Neshuku