HEERLIKE NATALSE KERRIE
Resep en foto: Amanda Austen
- 1.5 kg lamsvleis of beesvleis
- 3 uie gekerf
- 4 knoffelhuisies gekerf
- 30 ml vars gemmer gekerf
- 1 blikkie heel tamaties (410g) gekerf
- 30 ml tamatiepasta
- 30 ml suiker
- olie
- sout en peper na smaak
- aartappels (opisioneel)
- 500 ml bief aftreksel
- Speserye vir matige kerrie (word aanbeveel)
- 30 ml kerriepoeier
- 5 ml borrie
- 5 ml paprika
- 5 ml komyn
- 5 ml fyn koljander
- 5 ml brandrissiepoeier
- Speserye vir ligte hitte kerrie:
- 15 ml kerriepoeier
- 3 ml borrie
- 3 ml paprika
- 3 ml brandrissiepoeier
- Speserye vir warm Natalse styl kerrie:
- 30ml kerriepoeier
- 5 ml borrie
- 5 ml paprika
- 5 ml komyn
- 5 ml fyn koljander
- 15 ml brandrissiepoeier
- 2 vars brandrissies fyn gekap
- Verhit die olie in ‘n groot pot.
- Braai die uie tot goudbruin.
- Voeg die knoffel en gemmer by.
- Braai vir ongeveer 30 sekondes saam met die uie.
- Voeg die speserye van jou keuse by en braai vir nog 30 sekondes.
- Voeg die lam-/beesvleis by en braai vinnig.
- Voeg die tamaties, tamatiepasta en suiker by en roer goed.
- Voeg die aftreksel, sout en peper by.
- Verlaag hitte en laat stadig prut tot die vleis sag is. (Ongeveer 2 tot 3 ure)
- Voeg die aartappels by en kook nog 30 min tot die aartappels sag is.
- Die vleis moet sag wees en die sous dik en geurvol.
- Garneer met vars koljander (opisioneel).
Category:

