Your Recipe Blog

HEERLIKE KOOLSLAAI

HEERLIKE KOOLSLAAI

Ek weet dis winter maar so nou en dan dop daar ‘n sonnige wintersdag uit.
  • ¼ koolkop, in dun repies van so 3 mm lank gesny
  • 2 wortels, geskil en grof gerasper
  • 1 klein pakkie “peanuts and raisins”
  • Sous:
  • ¾ koppie mayonnaise
  • ⅓ koppie melk
  • 2 eetlepels asyn of suurlemoensap
  • 1 eetlepel suiker
  • 1 teelepel Aromat
  • 1 teelepel swart peper
Meng die kool en wortel saam.
Voeg ‘n halwe pakkie van die grondbone/rosyne by en meng.
Meng al die sousbestanddele bymekaar en vou in die koolmengsel in.
Hoe langer dit staan hoe lekkerder.
Strooi die res van grondbone/rosyne oor net voor bediening.

Njamm, en hou tot ‘n week in die yskas.

Resep en foto: Stef Conradie
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page