Your Recipe Blog

HEERLIKE KERRIEUIE

HEERLIKE KERRIEUIE

  • 2.5 kg medium grootte uie
  • ¾ bottel druiwe asyn
  • 3 koppies suiker
  • 3 eetlepels kerriepoeier
  • water om uie te bedek
  • ± 1 teelepel  sout

Bedek die uie met net genoeg water om die uie te bedek.
Voeg die sout by die water en kook die uie in soutwater tot effe sag maar steeds ferm.
Dreineer die soutwater.
Meng die res van die bestanddele en kook uie vir omtrent 15 minute tot deurgekook.
Bottel warm in gesteriliseerde bottels, verseël en geniet.

Note:
Die sous gebruik ek sommer by my ander vleis dis heerlik.

Resep en foto:  Irene En Jacques Spangenberg

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5