HEERLIKE INDIESE LAMSKERRIE
Die resep vat baie bestanddele maar dit is ‘n heerlike resep. – Gekry op Tiktok.
- 1. 5 kg lamskenkels
- 250 ml dubbel room jogurt
- 5 ml garam masala
- 5 ml komyn
- 5 ml dhania
- 5 ml borrie
- 20 ml rissiepoeier of masala
- 10 ml knoffel en gemmer
- 6 vars mintblare
- 3 takkies vars tiemie
- 8 vars kerrieblare
- 20 g tamatiepaste
- sout en peper na smaak
- ½ suurlemoen se sap
Meng alles saam en vryf die vleis daarmee in. Sit in ‘n glasbak met deksel, en laat oornag staan in die yskas.
- olie
- 1 ui, gekap
- 3 loerierblare
- 2 kaneel stokkies
- 2 steranys
- 5 ml jeera sade
- 2 – 4 rissies na smaak
- 8 vars kerrieblare
- ½ blikkie (410 g) tamatie, opgesny
- 20 ml suiker
- vars koljanderblare
Braai die ui in olie tot glasig.
Voeg al die speserye by en braai ongeveer 30 sekondes.
Voeg die vleis by asook die tamatie en suiker.
Voeg kookwater by, en laat stadig prut tot vleis sag is.
Voeg koljanderblare by net voor opdiening.
Bedien saam met rys.
Resep en foto: Amanda Austen