HEERLIKE BROODROLLETJIES
- 10 g Anchor gis
- 600 g koekmeel
- 10 ml suiker
- 10 ml sout
- 2 eiers, goed geklits
- 25 g margarien
- 200 ml louwarm water
- 100 ml louwarm melk
- geklitste eier vir oor smeer
Plaas al die droë bestanddele saam met gis in ‘n mengbak en meng goed saam.
Voeg margarien by en vryf in.
Meng die melk, water en eiers en voeg by meelmengsel.
Meng tot ‘n sagte deeg en knie goed deur, as deeg te styf is kan meer water bygevoeg word.
Plaas deeg in ‘n gesmeerde bak en bedek en laat rus 30 min.
Knie af en verdeel in 18 balletjies.
Plaas op gesmeerde bakplaat en laat rys vir 30 min.
Bestryk met geklitste eier en bak by 220°C/425°F vir 12 tot 15 min.
Foto en resep geplaas deur: Ronel Muller Thoma