HEERLIKE BASILIEKRUID SLAAISOUS
“Ek het twee pragtige bosse basil en gaan vandag so bietjie hierdie basil slaaisous van my maak. Vir almal wat nou ‘n oormaat basil het. Het hierdie resep sommer self aanmekaar geslaan. Jy kan die resep halfveer.”
- 1½ koppie vars basiliekruidblare, styf in die koppie gedruk, jy kan meer ook gebruik
- 12 knoffel huisies, gekerf
- ½ koppie olie (ek gebruik sonneblomolie, maar jy kan olyfolie gebruik)
- 2 koppies water
- 3 koppies mayonnaise
- 2 teelepels sout
- 3 teelepels suiker
- swartpeper
- bietjie asyn, opsioneel, proe eers
Sit alles in ‘n versapper en versap.
Nota:
Ek meng eers alles en sit dan die water by om die regte dikte te verkry.
Die sout, peper en suiker kan jy aanpas na smaak.
Verpak in botteltjies; dit hou baie goed in die yskas.
Heerlik oor slaaie en gebruik dit ook oor pasta.
Resep en foto: Tanya Rossouw