Your Recipe Blog

HEEL EEND IN DIE WEBER

Recipe by
Cook: 2.5 tot 3 ure

HEEL EEND IN DIE WEBER

  • heel eend, skoongemaak
  • growwe sout
  • swart peper
  • aangemaakte mosterd

Ontdooi die eend ten minste 24uur voor dit in die weber gebak word. Die eend wat ek gebak het, het ek reeds die Saterdag uit die vrieskas gehaal vir Sondag se ete. Plaas dit, na dit ontdooi het tot die volgende dag in die  yskas.
Sondagoggend:  Droog die eend met papierhandoek, sny deur die vel kruis en dwars, sprinkel met growwe sout, swart peper en smeer met mosterd (ek het sommer ‘n botteljie klaar gemaakte mosterd gebruik) na smaak.  Maak die volgende vulsel en stop die eend daarmee.

  • Vulsel:
  • 500 ml sagte broodkrummels
  • 50 ml gesmelte botter
  • 1 meduim ui, fyn gekap en gesoteer
  • 1 teelepel sout
  • 1 ml witpeper
  • 5 ml fyn pietersielie
  • 5 ml tiemie
  • 1 eier

Meng al die bestanddele deeglik.
Vul die eend se maag met die bestanddele.
Bind vas of werk toe.
Draai die eend in tin-foelie toe en plaas in ‘n vlekvrye staal bak wat in die weber pas.
Sorg dat jy genoeg brikette gebruik en kry die weber se tempratuur ±  200° C.
Bak die eend vir ± 2.5 – 3 uur, toegedraai in foelie, in die vlekvrye staal bak.
Haal die foelie af en braai tot mooi bruin.
Die eend was baie vet en die vet braai lekker uit.

Resep en foto: Jan Salti Viljoen

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page