HEEL BEESSKENKEL IN DIE OOND
- 2 – 2 ½ kg heel beesskenkel (rypgemaak vir 10 dae in die yskas)
- 1 pakkie Knorr beesstert en groentesop
- 750 ml water
- sout en peper
Plaas die vleis in ‘n kasserol.
Maak ‘n Knorr beesstert en groentesop aan met ongeveer 750 ml water.
Begin aanvanklik net klein bietjie water om te verseker dat dit ‘n gladde pasta vorm sonder klontjies en meng dan die res van die water by. Voeg vloeistof by kasserol.
Geur die skenkel mildelik met sout en witpeper.
Plaas kasserol in die oond teen 160°C vir 6 ure.
Laat genoeg tyd voor ete toe sodat kasserol in die oond kan afkoel.
Draai dan die skenkel in die res van die vloeistof om in die kasserol sodat die sous die bokant van die skenkel ook kan bevogtig voor ete.
Skep die “olie” versigtig af, so veel as moontlik, sodat die vleissous in die kasserol oorbly by die skenkel.
Die sous hoef nie verdik te word nie aangesien die kasserol baie lank in die oond was en die sous reeds gereduseer is.
Vir die heel beste resultaat is ‘n klei kasserol die HEEL BESTE, maar enige kasserol kan gebruik word.
Bedien saam met blomkool met witsous en kaas, gebraaide aartappels, basmatirys, ‘n groenslaai en ‘n heerlike rooiwyn.
Resep en foto: Gideon Louw