Your Recipe Blog

HEATHER SE FUDGE

HEATHER SE FUDGE

  • 1 koppie melk
  • 4 koppies suiker, gelyk
  • ¼ teelepel sout
  • 175 gram Stork Bake margarien
  • 1 eetlepel gouestroop
  • 1 blikkie kondensmelk
  • 2 teelepels vanilla geursel
  • 1 eetlepel asyn

Voeg die koppie melk in ‘n 3-liter pot. Maak dieselfde koppie skoon en voeg dan 4 gelykvol koppies suiker, die sout en die maragrien in die pot. Roer versigtig met rubber spatula deur sodat al die suiker gesmelt het. Sit deksel op en plaas op medium hitte. Los die pot op die stoof sonder om te roer vir 5 minute.
Haal die deksel af en roer lekker deur. As die mengsel teen die kante kleef, gebruik die spatula en maak die kante van die pot saggies skoon. Bedek weer die pot en laat die mengsel verder smelt vir 5 minute. Doen dieselfde proses as bo en herhaal nog ‘n keer. Dan behoort borreltjies amper te vorm. Haal af van die stoof en stel ‘n wekker vir 7 minute.
Sit dan weer op die stoof en roer goed deur. Stel wekker 4 min. Haal deksel af en roer, tot begin kook, kook oop vir 6 minute.
Voeg dan blikkie kondensmelk en 1 eetlepel gouestroop by. Roer omtrent ‘n minuut sodat kondensmelk en stroop lekker saam smelt.
Sit deksel op en stel wekker vir 3 minute. Haal deksel af en kook vir ‘n verdere 18 minute.
Behoort nou of net bokant 110 ºC of net voor 116ºC te wees, dan is dit reg.
Haal dadelik af.
Intussen sit kenwood reg met 2 teelepels vanilla en 1 eetlepel asyn. Skep die fudge by en meng vir so 2 tot 3 minute tot die fudge ”wit” word.
Keer uit in pan wat uitgevoer is met bakpapier, nie waspapier nie.
Sny of druk snyer in binne 5 minute.
Hierdie is Heather Strumpher se fudge resep presies soos sy dit maak. Daar het julle nou my geheime proses… ek hoop dit los almal in wêreld se probleem met fudge op en dat dit vir jul ‘n plesier sal word om fudge te maak.

Botswana groete.

Resep en foto: Heather Strumpher

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page