HAWERMOUT PLAASBROOD
- 200 ml kookwater
- 100 ml hawermout
- 15 ml margarien
- 45 ml heuning
- 3 ml sout
- 10 g kitsgis
- 250 ml volkoringmeel
- 300 ml witbroodmeel
- 15 ml bruinsuiker
- 1 eier
- 100 ml lou water
Bespuit ‘n broodpannetjie goed met kleefwerende kossproei.
Meng die kookwater, hawermout, heuning en margarien saam en hou eenkant.
Meng die kitsgis, bruinsuiker en sout met die volkoringmeel en witbroodmeel.
Klits die eier en lou water saam.
Voeg die eiermengsel asook die hawermoutmengsel by die meel en meng goed deur.
Skep in die broodpannetjie en laat rys op ‘n warmplek tot dubbel die volume.
Bak ongeveer 1 uur op 180°C.
Resep en foto: Amanda Austen