Your Recipe Blog

HAMBURGERS MET TUISGEMAAKTE “PATTIES”

HAMBURGERS MET TUISGEMAAKTE “PATTIES”

  • 1 kg maalvleis (Ek het myne self gemaak)
  • 3 eiers
  • 2 eetlepels Italian kruie
  • 1 eetlepel swartpeper
  • 2 eetlepels blatjang
  • 1 eetlepel sout
  • 2 eetlepels fyn knoffel
  • 2 eetlepels tamatiesous
  • 2 eeetlepels balsamiese asyn

Meng alles goed saam en maak 6 x 130 g “patties”.
Plaas op ‘n meelplank in die vrieskas vir omtrent 40 minute.
Braai die “pattys” op die kole tot mooi gaar.
Braai jou deurgesnyde gebotterde burger broodjies op die kole vir ‘n paar minute.
Bou jou burger deur op die onderste helfte van die broodjie ‘n lagie van jou gunsteling selfgemaakte sous te smeer, gevolg deur die volgende.
Kropslaai, “patty” met sous bo-op, gesnyde tamatie, kaas, rou uie dan weer ‘n lagie sous met die ander helfte brood bo-op.
Sjoeeee dit was djeeeeeerlik!

Resep en fotos: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5