Your Recipe Blog

HAASTIGE QUICHE OF SOUTTERTJIES

Avatar photo
Cook: 20-25 min | Servings: 7 dosyn

HAASTIGE QUICHE OF SOUTTERTJIES

Ek moes haastig ‘n quiche of souttertjie maak vir môre, die mik korrel en proe het 7 dosyn gemaak, in muffin pannetjie geskep, met ‘n 60 ml skeppertjie. Spuit pannetjies goed met cook and spray

  • 12 jumbo eiers
  • 1 ½ liter volroom melk
  • 4 koppies fyn gerasperde cheddar kaas
  • 1 bossie grasuie, gesnipper
  • 250 g gekapte spek, ek sommer die rolletjies gebruik
  • 2 × 250 g “cooked” salami of ham
  • 8 eetlepels rondvol bruismeel
  • sout pepper na smaak

Klits eiers saam met die volroom melk, voeg al die ander bestanddele by en meng goed.
Skep met ‘n 60 ml koppie in die voorbereide pannetjies in.
Bak vir 20 tot 25 min in 170° C, toets vir gaarheid, haal uit die oond en laat effe rus in die panne.
Haal dan die panne uit en pak op ‘n skinkbord om af te koel.

Nota:
Kan ook spinasie of/en sampioene by voeg.

Resep en foto Alta Gunter van Dyk

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5