GROWWE MIELIEMEEL EN UIE BROODJIE
Heerlike growwe broodjie gebak die foto is nie so mooi nie, maar die broodjies was regtig lekker en iets anders saam met braaivleis.
- 1.5 koppies koekmeel
- 2 koppies mieliemeel
- ½ koppie semels
- 1 pakkie bruin uiesoppoeier
- 1 teelepel bakpoeier
- ½ ui, fyn gekap
- vars kruie van jou keuse, ek het pietersielie, sprietuie, tiemie en origanum saam fyn gekap
- 1 eier
- 200 ml melk
- 200 ml sodawater
- bietjie gerasperde kaas
Voor verhit die oond tot 180ºC.
Meng al die droë bestanddele, uie en kruie saam.
Klits die eier en melk saam en meng die sodawater daarby.
Voeg die melkmengsel by die meelmengsel en meng deur tot al die bestanddele goed gemeng is, indien die mengsel bietjie droog lyk, voeg nog bietjie melk by. Dit is ‘n slap deeg maar nie pap nie.
Skep die deeg in ‘n voorbereide broodpannetjie (25 x 10 cm), maak gelyk en sprinkel met bietjie paprika.
Bak vir ongeveer 1 uur tot toetspen skoon uitkom. 10 minute voordat die brood uitgehaal word uit die oond uit, sprinkel bietjie kaas oor en laat net smelt en effens verbruin.
Resep en foto: Rina Kleinhans