Your Recipe Blog

GROOTFONTEIN TJOPS

Avatar photo
Recipe by
Cook: 1 ½ – 2 ure

GROOTFONTEIN TJOPS

  • 5 varktjops (Kan skaap ook gebruik)
  • 5 dik skywe ui
  • 5 dun skywe suurlemoen
  • 75 ml bruinsuiker
  • 75 ml Worcestersous
  • 10 ml lemoensap
  • 5 ml sout en peper

Plaas die tjops in ‘n oondvaste bak met ‘n deksel.
Sit op elke tjop ‘n uie skyf en bo-op die uie, die skyf suurlemoen.
Meng die res van die bestanddele en skep oor die tjops.
Sit die deksel op en bak 1 ½ – 2 ure by 180°C tot lekker sag en gaar.
Haal die deksel af  en bak nog ‘n rukkie sodat die tjoppies bietjie kleur kan kry.

Nota: Petro Borchard
Dis FLIPPEN LEKKER volgens my man. Ek stem saam.
Ek het die lam boud tjops (gewoonlik nie my favourite nie) in die slow cooker op lae stelling gedoen van 7 – 3 uur. Ek het die tjops uit geskep, die sous in ‘n kastrol bietjie verder afgekook om dikker te wees… en dadelik die stowe vleis wat ek vandag gekoop het in die slow cooker gesit met dieselfde resep.

Resep: Sus Retha/Rina Kleinhans
Eerste foto:  Petro Borchard
Tweede foto: Hennie van Deventer

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5