Your Recipe Blog

GRONDBOONTJIE BRITTLE

GRONDBOONTJIE BRITTLE

Na die pragtige fotos van die tamaletjie ‘n paar dae gelede, het ek besluit om iets vir die manne in die huis te maak wat ek nog nooit vantevore probeer het nie… peanut brittle. ‘n Baie vinnige en maklike resep – wees net baie versigtig met die warm suikerstroop. So as die sweeties in die huis begin min raak kan die dalk help… 20 minute van begin tot koud genoeg om te breek.

  • 2 koppies suiker
  • ½ koppie water
  • 1½ koppies gesoute grondboontjies

Giet water en suiker in ‘n pot en verhit oor ‘n medium na hoë hitte, totdat die mengsel ‘n goue-donkerbruin kleur kry (soos die kleur van stroop in ‘n bottel – myne kon dalk nog donkerder maar my seuns hou nie van kos wat te hard is nie!)  Jy kan die pot swirl, maar jy mag dit glad nie roer nie – myne het 13 minute geneem vandat ek dit op die stoof gesit het totdat die kleur reg was.  Gooi nou die grondboontjies by, roer vinnig en terwyl jy vinnig werk, giet jy dit uit op ‘n oondpan wat uitgevoer is met bakpapier, en met olie gespuit of gesmeer is.  Sprei dit uit na die kante.  Laat afkoel, en breek in stukke.  Bêre in ‘n lugdigte houer in die kas (NIE in die yskas) vir 6 – 8 weke, of vries vir 3 maande.

Resep en foto:  Ilze Gabers Jacobs
Tweede foto:  Poppie Naude… bestanddele dubbel aangemaak… baie lekker!

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page