Your Recipe Blog

GROENTESOP MET PASTA

GROENTESOP MET PASTA

  • 500 g maalvleis
  • 4 groot uie, geskil en gesny
  • 2 groot rape, geskil en in blokkies gesny
  • 1 stingel seldery, gespoel en gesny
  • 300 g preie, gespoel en gesny
  • 4 aartappels, geskil en halfveer
  • 1 pakkie tamatiepasta
  • 500 g elmboog spaghetti
  • olie
  • sout en peper na smaak
  • knoffelpoeier
  • 500 ml room
Braai die uie en maalvleis tot goudbruin, voeg seldery, rape, aartappels, preie, sout en peper na smaak en knoffelpoeier (opsioneel) by.
Voeg een ketel kookwater (ongeveer 750 ml) by en laat kook tot al die groente sag is.
Terwyl die groente kook, in ‘n ander kastrol, berei die spaghetti voor in 1 teelepel sout , 15 ml olie en ½ ketel water. Kook tot gaar.
Sodra die sopgroente sag is, voeg jou tamatiepaste by. Laat net deur kook en maak fyn in  ‘n versapper.
Voeg nou ekstra kookwater by tot jy die ideale tekstuur vir die sop het soos julle daarvan hou.
Proe vir ekstra sout.
Water die pasta af en voeg by die sop. Meng goed deur.
Wag dat die sop bietjie afkoel en voeg die room by. Roer goed deur.

Bedien en geniet.

Resep en foto: Anri Douglas
Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5