Your Recipe Blog

GROENTESOP EN BROODROLLE

GROENTESOP EN BROODROLLE

Hierdie resep is goedkoop om te maak veral nou dat baie van ons sonder inkomste sit. Groente sop met oorskiet beesvleis bredie en vars gebakte brood rolle met knoffel botter

  • Sop:
  • ½ pakkie sopmengsel
  • een ui, in ringe opgekap
  • 2 wortels, opgekap
  • 2 groot aartappels
  • 2 blokkies Chilli beefstock
  • 1 teelepel sout

Kook die sopmengsel in omtrent 8 koppies water. Ek het dit 9 uur begin kook en dit was eers 4 uur gaar. Sodra dit gaar is voeg die ui, wortels, aartappels en 2 blokkies beefstock by. Dit vat omtrent nog ‘n uur. Gooi 1 teelepel sout by.

  • Broodrolle:
  • 4 koppies koekmeel
  • ½ pakkie gis
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel suiker
  • 350 ml water, ongeveer
  • 60 ml olie

Meng die droë bestanddele met jou hand. Voeg die water en olie by om ‘n lekker deeg te knie. Sit in ‘n bak en maak toe, laat dit rys vir ‘n uur.
Vorm balle en plaas op ‘n bakplaat.
Bak dit vir 40 minute teen 180°C in jou oond. Bedien met knoffel botter.

  • Knoffel botter:
  • 60 ml gesoute botter
  • 2 eetlepels gekerfde knoffel
  • gemengde kruie speserye

Smelt die botter in ‘n klein potjie. Voeg die knoffel by. Voeg die gemengde kruie by. Roer dit kort – kort deur vir so 10 minute. Smeer op die warm rolle.

Foto en resepte geplaas: Beau-Milan Jonas

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page