GROENTAMATIEBLATJANG
- 3 kg groen tamaties, gesny en geskil in klein blokkie
- 125 ml sout
- 1½ kg fyngekapte uie
- 750 ml suiker
- 750 ml asyn
Strooi die sout oor die gesnyde tamaties en laat oornag staan, dreineer die volgende dag oortollige vloeistof af.
Roer uie, suiker en asyn by tamaties en kook vir 1 uur.
- Meng nou die volgende saam tot daar geen klontjies meer is nie:
- 90 ml koekmeel
- 30 ml kerriepoeier
- 30 ml mosterd
- 5 ml rooipeper
- 15 ml borrie
- 125 ml appelkooskonfyt
- 375 ml asyn
Voeg nou 250 ml van die warm tamatiemengsel by die kerriemengsel en meng goed.
Roer die kerriemengsel in by die res van die kokende tamaties en kook vir 15 min. Roer aanhoudend.
Bottel warm in gesterliseerse flesse.
Resep geplaas deur Mariska Rossouw
Foto: Franci Lemmer