GROENBOONTJIES IN SOUTWATER “BRINE”
- enige hoeveelheid vars groenboontjies, gekerf
- sout
- kookwater
Maak inlê bottels goed skoon en pak boontjies redelik styf in die bottels.
Voeg ‘n teelepel sout in elke bottel en vul met kookwater tot amper bo.
Los ‘n klein spasie.
Maak die rand van die bottels goed skoon.
Sit deksels op en draai deksels goed vas.
Nota:
Ek het ‘n groot kastrol gevat en ‘n vadoek onder in geplaas (sodat bottels nie breek gedurende kookproses nie).
Plaas die bottels in die kastrol met deksels na bo. Vul die kastrol met kookwater.
Die deksels van die bottels moet bedek wees onder die kookwater.
Laat die water in die kastrol kook vir 2 ure lank op lae hitte.
Haal die bottels uit en plaas onderstebo tot afgekoel.
Bêre op die rak tot gebruik. Gebruik net soos blikkies boontjies.
Resep geplaas en foto: Annemarie Jansen van Rensburg