Your Recipe Blog

GROENBOONTJIEBREDIE SONDER GELYKE

Avatar photo
Recipe by
| Servings: 4 - 6 people

GROENBOONTJIEBREDIE SONDER GELYKE

Nie vir sensitiewe eters.

  • 500 g stowe skaapvleis (met die bene)
  • 500 g stowe varkvleis met vet
  • 500 g gevriesde gekerfde groenboontjies
  • 2 aartappels, in stukkies gesny
  • 2 groot uie, gekap
  • 4 heel wonderpeperkorrels
  • 5 naeltjies
  • 45 ml olyfolie
  • 4 knoffelhuisies, fyngedruk
  • 4 kaneelstokkies
  • 1 stuk gemmer van 5 cm, gerasper
  • 2 blikke tamaties
  • 1 pakkie bruinuiesoppoeier
  • sout en peper na smaak

Giet 250 ml water in ‘n stoompot, verhit dit tot kookpunt en voeg dan die ui, wonderpeperkorrels en naeltjies by.
Laat dit prut totdat die water verdamp het.
Voeg die olyfolie by en braai die mengsel totdat die ui goudbruin verkleur.
Voeg die vleis, knoffel, kaneelstokkies en gemmer by.
Kook die mengsel en roer dit die heeltyd totdat die vleis begin verbruin.

Meng die soppoeier met die tamaties en ‘n halwe blikkie water en voeg die by die mengsel in die pot.
Plaas die deksel op, laat die stoom opkom en stoom vir 15 minute.
Laat afstoom en voeg die boontjies en aartappels by en bedek met ‘n gewone deksel.
Laat dit prut vir nog 20 minute of tot die aartappels sag is.

Resep geplaas deur Adam Cloete
Foto:  Adam Cloete

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page