GROEN TAMATIE EN WAATLEMOENSLAAI
Resep geplaas deur en foto: Elsabie Templeton
- 1 kg WW eksotiese tamaties
- ½ medium ryp waatlemoen
- 1 fyn gekapte rooi chilli (ek het groen Jalapeno chilli gebruik, (sonder pitte vir minder hitte!!)
- Granaat pitte
- 35 g microleaf slaai
- 10 g eetbare blommetjies
- Vir die slaai sousie:
- 200 g Rosa tamaties ryp
- ½ koppie olyfolie
- 4 eetlepels balsamiek asyn (wit)
- 2 toontjies knoffel fyn gerasper
- 4 teelepels heuning
- Sout na smaak
- Sny die tamaties in skyfies, die kleintjies in wiggies vir tekstuur.
- Sny die waatlemoen in stukke en die chilli opgekap saam met alles gemeng in ‘n mooi slaai bak.
- Strooi die granaat pitte en microleaf blaartjies oor en sit die eetbare blommetjies bo-op.
- Drup die sousie bo-oor net voor bediening.
- Sousie:
- Druk die pitte en sap uit die Rosa tamaties in ‘n bekertjie. Voeg die olyf olie, balsamiek, knoffel, heuning en sout by en meng goed.
- Wyn wat hierdie slaai komplimenteer: WW French Rose 2012
Category:

