Your Recipe Blog

GRIEKSE RYSSLAAI

GRIEKSE RYSSLAAI

“n Ander variasie op cauli (blomkool) of gewone rysslaai…Griekse rysslaai. As jy nie ‘n probleem het met koolhidrate nie – vervang net die blomkoolrys met gewone koue, gaar rys.”

  • 2 – 3 koppies blomkoolrys of gewone rys, gaar en afgekoel
  • ½ rooi ui, gekap
  • ½ groot tamatie, gekap
  • ½ komkommer, gekap
  • 10 swart olywe, ontpit en gekap
  • 1 wiel Fetakaas, in blokkies gesny
  • 2 teelepels vars kruisementblare, gekap
  • 2 teelepels vars- of 1 teelepel droë dille
  • 2 eetlepels olyfolie
  • 2 eetlepels appelasyn
  • 2 eetlepels mayonnaise
  • sout en peper, na smaak

Meng al die bestanddele saam en verkoel vir enigiets van een uur tot meer (hoe langer dit saam verkoel, hoe lekkerder word dit!).
Die slaai is verál heerlik saam met gebakte skaaptjops of braaivleis.

Resep en foto: Ilze Jacobs

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page