GRANAATKONFYT
- 2 koppies granaatpitte
- 1 koppie witsuiker
- ½ koppie granaatsap (gekooptes)
- 1 appel, geskil en appel fyn gerasper (hou skillle)
- 15 ml suurlemoensap
Ek het alles bymekaar gevoeg, behalwe die suurlemoensap in ‘n pot op die stoof.
Die appel se skil heel gehou en bygevoeg.
Stadig laat warm word tot suiker gesmelt is, roer gereeld.
Sodra die suiker heeltemal opgelos is, kook vinniger. Roer gereeld.
Wanneer die stroop begin verdik voeg die suurlemoensap by, en kook tot die stroop reg toets.
Verwyder die appelskil en bottel warm in voorbereide bottels met deksels.
Dit smaak heerlik.
Resep en foto: Polanie van Vollenhoven