GOULASH MET ROOIBOSTEE EN KLUITJIES
- 300 g “goulash” beesvleisblokkies
- olie om vleis in te braai
- 2 koppies rooibostee
- 2 eetlepels Worcestersous
- 2 teelepel suiker
- 50 ml tamatiepasta
- 1 knoffelhuisie
- 1 medium ui, fyngekap
- sampioene, opgesny
- botter vir braai
- 1 eetlepel koekmeel
- sout en peper na smaak
Braai die “goulash” in ‘n warm pan met bietjie olie, totdat die vleis verbruin is.
Verwyder die vleisblokkies uit die pan en hou dit eenkant.
Meng die rooibostee, Worcestersous, suiker en tamatiepasta saam in ‘n aparte bak en hou eenkant.
Braai die knoffel, ui en sampioene in die botter tot sag, voeg die koekmeel by en roer goed deur.
Skep die “goulash” blokkies terug in die pan by die sampioenmengsel en giet die rooibosteemengsel oor die vleis, kook verder. Proe vir sout en peper en pas aan indien nodig.
Kook tot die vleis sag is en sit die kluitjies op.
Intussen meng die bestanddele vir die souskluitjies.
- Souskluitjies:
- ½ koppie koekmeel
- 1 teelepel bakpoeier
- 1 eetlepel suiker
- 1 eier
- 1 eetlepel botter
- 2 eetlepels melk
Meng die droë bestanddele saam in ‘n mengbak.
Klits die eier, botter en melk saam en voeg dit by die droë betanddele en meng totdat ‘n deeg vorm.
Skep lepelsvol van die beslag bo oor die vleis, sit die deksel op en moenie die deksel oplig nie dan slaan die kluitjies toe. Kook totdat die kluitjies gaar en die vleis sag is ongeveer 10 – 12 minute.
Resep en foto: Petra van Zyl