Your Recipe Blog

GNOCCHI MET WORS EN SPINASIE

Recipe by
| Servings: 4 klein of 2 groot

GNOCCHI MET WORS EN SPINASIE

  • Gnocchi:
  • 3 medium aartappels
  • 1 groot eier
  • 1 koppie koekmeel
  • ½ teelepel sout
  • 1 liter kookwater met 1 eetlepel sout
  • Worsmengsel:
  • 1 ui, gekap
  • 1 eetlepel gekapte knoffel
  • 1 eetlepel fyn gekapte brandrissies
  • 1 teelepel sout
  • 1 teelepel paprika
  • 1 teelepel gemengde kruie
  • 250 ml gekapte vars tamaties of ½ blikkie gekapte tamaties
  • 500 g kaasvarkwors
  • 1 handvol baba spinasieblare
  • ¼ rooi soetrissie, in lengtes gesny

Gnocchi:
Kook die aartappels in die skil, laat afkoel, verwyder skil en druk fyn soos kapokaartappels.
Voeg die eier, meel en sout by en meng tot ‘n stywe deeg wat nie klewerig is nie. Voeg nog meel by indien nodig.
Deel in 4 dele en rol in worsies. Sny 1 cm stukkies af en druk effens plat in die middel.
Bring die water en sout tot kookpunt.
Kook die helfte van die gnocchi totdat die stukkies na die oppervlakte styg. Haal gnocci uit met ‘n gaatjieslepel en hou eenkant. Herhaal met die res van die gnocci.

Worsmengsel:
Plaas die heel wors in die mikrogolf en kook op 100% vir 4 – 5 minute, laat afkoel en sny in ringetjies van 1-2 cm. (Dit help om die wors makliker te hanteer en te sny).
In ‘n groterige pan, braai die uie en knoffel tot ligbruin. Voeg die gekapte rissies, sout, paprika en kruie by en roerbraai vir sowat ‘n minuut.
Voeg die gekapte tamaties en worsstukkies by en roerbraai op laag vir sowat 10 minute.
Voeg die gaar gnocchi stukkies by die worsmengsel en roer die spinasie en rooi soetrissies in.

Nota:
Die tuisgemaakte gnocchi kan met 500 g gekoopte gnocchi vervang word.

Resep en foto: Bernadene Daniell Prinsloo

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page