Your Recipe Blog

GILL SE BANTING BESKUIT

Avatar photo
Recipe by
Cook: 45 minute | Servings: 20 - 24 vingers

GILL SE BANTING BESKUIT

Die gedeeltes wat ek in hakkies skryf, is om die resep meer koste effektief te maak.

  • 2 koppies amadelmeel (200 g) (Ek gebruik gewoonlik macadamia meel. Jy kan ook sonneblommeel gebruik)
  • ½ koppie Erythritol (dit is nou as jy ‘n baie soettand het, ek gebruik net 70 ml)
    Indien moontlik, maal die Erythritol eers in die koffie meel totdat dit ‘n fyn poeier is.
    Xylitol kan ook gebruik word, maar ASB, moet nie die beskuit met jou hond deel nie, Xylitol is giftig vir diere.
  • 1 teelepel bakpoeier
  • 1 teelepel xantham gum – (as jy nie dit in die kas het nie, gebruik 1 teelepel gemaalde chia saadjies of psyllium poeier)
  • ½ teelepel neutmuskaat
  • 1 teelepel karamel of vanilla geursel
  • 1 koppie (250 ml) amandels (145 g) (Ek gebruik partykeer net 1 koppie sonneblomsade of gemengde sade)
  • ¼ koppie botter (60 g) gesmelt (Jy kan ook ghee of kokosneutolie gebruik)
  • 2 groot eiers, geklits.

Voorverhit oond na 160ºC.
Meng al die droë bestanddele (meel, versoeter, bakpoeier, xantham gum, speserye en neute/sade saam in ‘n groot mengbak.
Smelt die botter en meng saam met die geklitse eier.
Meng goed tot ‘n deeg vorm.
Voer ‘n oondvaste bak met bakpapier (nie “wax” papier nie) of ‘n silikoon mat uit.
Vorm die deeg in ‘n ciabattabrood vorm, maar nie te hoog nie.
Indien die deeg taai is, (behoort nie te wees nie) druk jou vingers in ‘n bietjie kokosmeel.
Bak vir 45 minute in die oond, totdat die broodjie mooi bruin is en ‘n toetspen skoon uit kom.
Laat broodjie afkoel voordat dit gesny word.
Sny die broodjie in skywe, en dan in vingers. (Jy behoort 20 – 24 vingers te kry)
Droog die beskuit vingers in die oond uit teen 120ºC vir ‘n uur, maar draai die beskuit halfpad gedurende die proses.
As dit nog nie bros genoeg is nie, droog vir nog 15 – 20 minute uit.
As dit afgekoel is, pak die beskuit in ‘n lugdigte houer, en bêre dit in die vrieskas.

Resep geplaas deur Gillian Bredenhann
Foto: Gillian Bredenhann

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page