Your Recipe Blog

GIDEON SE VYESLAAI

GIDEON SE VYESLAAI

Ek en vroulief het die vyeslaai gemaak vir vanaand se braai saam met chops, wors en skilpadjies.

  • 10 geskilde vars vye, in kwarte gesny
  • 1 pakkie repiespek
  • 1 blokkie bloukaas
  • 3 eetlepels heuning
  • slaaiblare

Braai die spek tot lekker bros.
Pak die slaai blare op ‘n plat slaaibak.
Pak die vye op die blare en sprinkel stukkies kaas daaroor.
Skeur die spek in repies en plaas op dit bo-op.
Drip die heuning bo-oor alles net voor opdien.

Resep en foto: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page