GIDEON SE VARS SUURLEMOENSAP
Ek het die helfte van my boom se suurlemoene gepluk en versap om sodoende suurlemoendrankie te maak.
- suurlemoene
- suiker
Sny die suurlemoene middeldeur en versap met ‘n versapper om al die sap uit te kry.
Ek hou nie van dit so erg soet nie en het die suiker verminder om sodoende meer surigheid na my smaak te kry.
Gebruik 1 kg suiker op 2 liter suurlemoen sap en bring die mengsel stadig tot net voor kookpunt.
Ek giet dan as die sap afgekoel is dit in 1 liter plastiek bottels en as ek daarvan wil drink gooi ek 100 ml sap op 1 liter water dan is dit na my smaak.
Ek vries dan ook die sap en soos ek dit wil gebruik ontdooi ek dit in die somer maande as dit so warm is.
Ek het 12 liter sap gemaak Djeerlik !!
Resep en foto: Gideon Louw














