GIDEON SE VARKSTERTJIE VOORGEREG BY DIE BRAAI
Ons voorgereg vir die braai vanaand.
- 500 g varkstertjies, velletjies afgetrek
- 1 eetlepel heuning
- 1 eetlepel Dijon mosterd
- 2 eetlepels Worcestersous
- 2 eetlepels sweet chillie sous
- 2 eetlepels suurlemoensap
- bietjie olyfolie
Meng alles saam.
Pak die stertjies in ‘n oondpan wat uitgevoer is met foelie.
Smeer olyfolie op die sterte en maal ruim growwe sout bo oor.
Stel die oond op 120°C en plaas in die oond.
Bak vir 1 uur haal uit en smeer dan met ‘n kwas alle sterte met die mengsel sous.
Bak vir nog 2 ure en smeer weer sous bo-oor.
Plaas terug in oond vir nog twee ure en smeer weer met sous.
Bak ‘n verdere 1 uur (6 ure in totaal).
En siedaar heerlike oitjie sterte.
Foto en resep: Gideon Louw