Your Recipe Blog

GIDEON SE UIE “FRITTERS”

GIDEON SE UIE “FRITTERS”

Resep en foto:  Gideon Louw
Ek het vanaand vir my en vroulief heerlike uie in my rooipannetjie gebak.
Maak net genoeg want dit is verslawend.
Dit is heerlik krakerig buite en supersag binne.

  • 2 uie fyn gekerf
  • genoeg gekerfde sprietuie
  • 1 klein wortel gerasper
  • 180 g bruismeel
  • 1 eetlepel fyn gedrukte knoffel
  • 1 teelepel brandrissie flokkies
  • 1 teelepel sout
  • 200 ml bier
  • Skil en kerf die uie, sprietuie en die wortel fyn en meng saam.
  • Meng die res van die bestanddele daarby en meng goed. saam en
  • Bak eetlepels vol in warm olie tot mooi goudbruin aan albei kante.
  • Dreineer op handoek papier.
  • Nota:
  • Ons het nog ‘n bietjie braaisout agterna oor gesprinkel.

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page