Your Recipe Blog

GIDEON SE SWARTMOSSELS

GIDEON SE SWARTMOSSELS

“Hierdie lekker swartmossels was voorberei deur my en Liezl. Dit was djeeerlik saam met geroosterde brooitjies.”

  • 2 eetlepels botter
  • 1 ui, gekap
  • 4 knoffelhuisies, gekap
  • 2 rooirissies, ontpit en gekap (ons het 3 gebruik)
  • 1 koppie witwyn
  • 500 ml room
  • 2 teelepels aromat
  • 1 kg mossels
  • 1 suurlemoen se gerasperde skil
  • sprietuie, gekap

Verhit botter in pan en braai gekapte ui, gekapte knoffelhuisies en gekapte rooirissies daarin vir 3 – 5 minute.
Voeg witwyn by en laat prut vir vyf minute.
Plaas room en aromat by mengsel en laat stadig kook op lae hitte vir nog vyf minute.
Voeg mossels by en strooi suurlemoenskil bo-oor. Plaas ‘n deksel op en kook stadig vir 8 – 10 minute.
Haal mossels uit en plaas in ‘n bak en skep die sous oor die mossels.
Garneer met gekapte sprietuie.

Resep en foto: Gideon en Liezl Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page