Your Recipe Blog

GIDEON SE SPEK-PLAATKOEKIES

GIDEON SE SPEK-PLAATKOEKIES

Julle moét hierdie probeer dis djeeeerlik soos ‘n soet oudurfie.

  • 9 repies spek
  • 1 eier, geklits saam met ‘n teelepel suurlemoensap en ‘n koppie water
  • 1 koppie koekmeel
  • ½ teelepel sout
  • 1 teelepel bakpoeier

Meng die droë bestanddele en die vloeistof saam tot ‘n gladde, maar nie te loperige beslag.

Ek het die volgende op die kole in my braaikamer in my rooipannetjie gedoen:

Maak die pan warm met ‘n klein bietjie olie daarin en bak die repies spek tot effe bruin.
Hou eenkant en maak die pan skoon.

Sit weer ‘n teelepel olie in die warm pan en plaas 2 of drie repies spek op ‘n slag in die pan met spasies tussen die repies.

Giet dan stadig van die beslag op die rante en oor die spek, nie te veel nie maar sodat die spek egalig bedek is.

Bak vir ‘n minuut of twee en draai dan om met ‘n eierspaan en bak dan tot mooi egalig lig bruin aan die anderkant.

Giet ‘n bietjie stroop of heuning oor en geniet.
hmmmm djeeeeerlik

Resep en foto: Gideon Louw

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page