Your Recipe Blog

GIDEON SE SPEK, KAAS EN OLYWE BROODJIES

Avatar photo
Recipe by
Cook: 60 minute | Servings: 4 broodjies

GIDEON SE SPEK, KAAS EN OLYWE BROODJIES

Ek en my vroulief het gistraant weer ‘n staan ribbetjie gemaak en was soooopersag en smullekker saam met ‘n bietjie sout peper en suurlemoensap.
My vroulief het ook vir ons ‘n heeeeeerlike deeg aangemaak wat ek in die varkie oond gebak het en diiiit was djeeeeerlik saam met ons tuisgemaakte jam en botter en my vrou KAN !!!

  • Deeg:
  • 4 koppies koekmeel
  • ½ teelepel sout
  • 1 eetlepel suiker
  • 7 g kitsgis
  • 400 ml louwater
  • 1 eetlepel kookolie
  • 1 pakkie fyn gesnipperde spek, vooraf effe gaar gemaak
  • ½ koppie ontpitte gekerfde olywe
  • ½ koppie Mozzarella, in klein blokkies gesny

Sif die droë bestanddele saam.
Voeg die water by die olie, meng deur en voeg by die meel en meng saam.
Knie goed tot ‘n elastiese deeg en bedek met kleefplastiek. Draai toe in ‘n doek en laat rys vir ‘n uur.
Knie die deeg effe af en voeg die spek, olywe asook die Mozzarella kaas by en meng alles saam.
Deel die deeg in 4 ewe groot dele en plaas in klein pannetjie, laat staan om effe te rys.
Ek het dit op ongeveer 180°C in my varkie oond gebak vir ‘n uur lank.
Was dit nou lekker saam met die ribbetjie en die worsie.

Resep: Rinie Louw
Foto’s: Gideon Louw

Category:

Leave a Review

Your email address will not be published. Required fields are marked *

*

1 2 3 4 5

You cannot copy content of this page